‘N KORT , GEÏLLUSTREERDE GIDS TOT ISLAM - Hierdie boek is geskryf as ‘n verkorte handleiding ter verduideliking
van die Islamitiese geloof. Die boek bestaan uit drie hoofstukke.
In die eerste hoofstuk, Bewyse dat Islam die Waarheid is, poog
ons om sekere vrae te beantwoord wat dikwels gevra word:
• Is die Heilige Qur’an werklik die direkte Woord van God, soos
deur Hom geopenbaar?
• Is Muhammad ﷺ werklik ‘n Profeet wat deur God uitverkies
en aangestel is?
• Is Islam waarlik ‘n geloof van God?