FacebookTwitterYouTubeDailymotionScribdCalameo
SlideshareIssuuPinterestGoogle plusInstagramTelegram
Chat About Islam Now
Choose your country & click on the link of your language.
Find nearby Islamic centers & GPS location on the map.

Our Islamic Library contains:
Islamic TVs channels LIVE
Islamic Radios LIVE
Multimedia ( Videos )
Multimedia ( Audios )
Listen to Quran
Interactive files & QR codes
Misconceptions
Islam Q & A
Morality in Islam
Articles
The Noble Qur'an
Understanding Islam
Comparative Religions
Islamic topics
Women in Islam
Prophet Muhammad (PBUH)
Qur'an and Modern Science
Children
Answering Atheism
Islamic CDs
Islamic DVDs
Presentations and flashes
Friend sites

Articles' sections



Author:


Go on with your language:
qrcode

Hoe het die profete Abraham, Moses, Jesus en Muhammad (mag hul siele in vrede rus ) gebid?

Viewed:
1872

Hoe het die profete Abraham, Moses, Jesus en Muhammad (mag hul siele in vrede rus ) gebid?

Op ’n dag het die geleerde Musliem skolier, Sheikh Ahmed Deedat, in Jeddah, Saudi Arabia besoek afgelê en een van sy lewenslesse vertel.

Hy vertel  dat hy op ’n dag ’n groep Christine en Jode na die moskee in Durban, Suid Afrika,  geneem het. Toe hy die moskee binnestap het hy sy skoene verwyder. Hy het die groep gevra om dieselfde te doen. Hulle het toe ook hulle skoene uitgetrek.  

Deedat het die groep gevra of hulle weet hoekom hy sy skoene verwyder. Hulle het “nee” geantwoord. Deedat  verduidelik aan die groep wat met Moses op Mount Sinai gebeur het. God het gesê:

“Moet nie nader kom nie! Trek  jou sandale uit, jy staan nou op heilige grond.” (Exodus 3:5). 

Terwyl die groep op ’n bank sit en kyk, vra Deedat om verskoning  en gaan neem ablusie. Nadat hy ablusie geneem het, benader hy die groep en verduidelik  hoekom hy dit doen. Hierdie aksie is nie net higiënies omdat dit vyf maal per dag gedoen word nie. Dit het ook ’n historiese  konteks. Hy siteer weer uit Exodus:

Moses, Aaron en sy seuns gebruik water om hulle hande  en voete te was. Hulle het  gewas wanneer hulle in die tent ontmoet en wanneer hulle die altar benader het. Moses het die Here se bevel gevolg. (Exodus 40:31-32).

Nadat Deedat sy verpligtende gebed  opgeoffer het, het hy weer die groep , wie besig was om die Musliems wat bid te beskou, benader. Deedat verduidelik toe aan die groep die verskillende posiesies wat in die gebed voorkom. Deedat lê klem op die prostrasie en vertel dat al die profete prostreer het toe hulle gebid het. Hy staaf sy punt deur uit die Bybel aan te haal:       

 “Onmiddelik, het Abram met  sy gesig grond toe gebuk, en weereens het God met hom gepraat.    (Genesis 17: 3).  

Onmiddelik, buig  Abram  sodat sy gesig die grond raak”   (Genesis  17:17).                

Moses en Aaron gaan van waar die mense saam staan tot die ingang van die Ontmoetingstent. Onmiddelik, buig hulle hul koppe sodat hulle gesigte in aanraking met die grond kom, en die glorie van die Heer is aan hulle bewys. (Nommers 20:6).

En Joshua val met sy gesig grond toe en begin aanbid... (Joshua 5:14).

En hy (Jesus) gaan ’n bietjie verder, en val op sy gesig, en het aangebid (Matthew 26:39).

Deedat sê aan die groep dat hulle goed bekend  met die Joodse en Christelike maniere van aanbiding is. Hy sê aan hulle dat hulle nou ook weet hoe die Musliems God aanbid.

Beleefd ,vra Deedat die groep wie se manier van aanbiding meer Christelik is. Die groep Jode en Christene sê eenstemmig, “Vir seker, die manier waarop die Musliems aanbid is meer Christen as andere.”  

Baie Christine wat vandag kies om Musliem te word beweer dat hulle beter “Christene” is deur hulle aksies. Die woord “Christen” beteken “iemand wat die Christus volg” of  “Christ-en”.

Hoe kan die mense wie nou betuig dat hulle Musliems, is beweer dat hulle Jesus beter volg?

Kom ons dink logies hieroor deur te analiseer wat die Bybel van Jesus se. Volgens die Evangelie, is daar voorbeelde waar Jesus met sy gesig op die grond gebid het, sy medemens met verklarings van vrede gegroet het en vir lang tydperke gevas het.

Inderdaad, baie gewese Kristene erken dat  hulle wel Musliem was voordat hulle bevesting van hulle natuurlike gelowe deur die teks van die adellike Qur’an, wat aan die laaste profeet,Muhammad (mag vrede oor hom heers) onthul is, verkry het.

“O die wat glo! Buig af en prostreer julself en dien julle Heer ,en doen goed sodat julle mag vorder.” (Qur’an 22:77).

Sien, die mensdom se neiging na monoteïsme is onafskeidelik van  die menslike natuur.

Vandag is daar mense wat beweer dat hulle die pad van Jesus, Abram en Moses (mag vrede oor hulle heers) volg, maar wie eintlik van die pad afgewyk het. Wat dit Christenheid betref, het mense ongelukkig foutief  ’n hele geloof oor die profeet Jesus geskep. Sodoende, het hulle hom in iets verander wat hy nie op aanspraak gemaak het nie.

Wees nou eerlik en vra jouself: Wie volg eerder vandag Jesus se voorbeeld? Soos julle weet bid die Musliems nederig met hulle voorkoppe op die grond ten minste vyf  keer per dag.

Musliems volg die geloof VAN Jesus: die geloof waarvan hy gepraat het en beoefen het. Op dieselde manier aanbid Musliems dieselfde God wat Jesus aanbid het. Dieselfde God van Abram, Moses en Muhammad (mag vrede oor hulle heers).

Musliems groet ook mekaar met die vrase, “Mag vrede oor jou heers”. Verder, net soos Jesus vir 40 dae in die wildernis gevas het, vas Musliems vir die hele maand van Ramadan.

Ten slotte, kom ons wees nederig en bid soos al die profete voor ons. Julle kan gerus die boek van Gebed (salaah) by ons webwerf www.islamic-invitation.com aflaai.

https://www.islamic-invitation.com/downloads/prophets-pray_africans.pdf

https://islamic-invitation.com/book_show.php?bID=849

 
All copyrights©2006 Islamic-Invitation.com
See the Copyrights Fatwa