FacebookTwitterYouTubeDailymotionScribdCalameo
SlideshareIssuuPinterestGoogle plusInstagramTelegram
Chat About Islam Now
Choose your country & click on the link of your language.
Find nearby Islamic centers & GPS location on the map.

Our Islamic Library contains:
Islamic TVs channels LIVE
Islamic Radios LIVE
Multimedia ( Videos )
Multimedia ( Audios )
Listen to Quran
Interactive files & QR codes
Misconceptions
Islam Q & A
Morality in Islam
Articles
The Noble Qur'an
Understanding Islam
Comparative Religions
Islamic topics
Women in Islam
Prophet Muhammad (PBUH)
Qur'an and Modern Science
Children
Answering Atheism
Islamic CDs
Islamic DVDs
Presentations and flashes
Friend sites

Articles' sections



Author:


Go on with your language:
qrcode

Die Koran (Qura’n) is die Boek (Heilige Geskrifte) van die Here (God)

Viewed:
1164

Die Koran (Qura’n) is die Boek (Heilige Geskrifte) van die Here (God)

Die Koran (Qura’n) is die Boek (Heilige Geskrifte) van die Here (God). Dit is as ‘n Heilige Boek (Heilige Geskrifte) bewaar vir alle tye en vir ewig. Alhoewel dit oorspronklik in Arabies geskryf is, is dit danksy die vertalings dat die Koran (Qur’an) tans aan die wye mensdom toeganklik is, veral aan die mense met geen vorige kennis van die Arabiese taal nie. Terwyl  daar  geen plaasvervanger vir die oorspronklike vertalings is nie, word huidige vertalings aangewend om die Heilige Woord van  die Here ( God ) aan  mense buite die grense van die Arabiese sprekende mense te versprei wat die breë spectrum van die mensdom as geheel dek.

 Blykbaar is die Koran (Qur’an) in die Arabiese Taal, maar in werklikheid is dit ‘n natuurlike taal, met ander woorde (m.a.w.) dit is ‘n taal, waarin die Here (God) almal in die mensdom   tydens die Skepping direk Aangespreek het. Hierdie Goddelike Aanroeping vir die mensdom is teenwoordig in die bewustheid van die mensdom, en dit is waarom die Koran (Qur’an) universeël verstaanbaar is – sommige op ‘n vlak van bewustheid en vir die anders is dit op die vlak van onderbewustheid. Hierdie werklikheid word in die Koran (Qur’an) beskryf as duidelike Onthullings in die harte van diegene wat met kennis gegun is. Die volgende Versaanhaling suggereer:  “niemand  kan dieOnthullings  ontken nie; behalwe die oortreders.”  (29:49)

Dit bedoel dat die Goddelike Werklikheid word deur die Koran (Qur’an) op ‘n vlak van bewustheid binne die mensdom bestaan, en nogal pre- bestaan dit op die vlak van die onderbewustheid. Die Boodskap van die Koran (Qur’an) is nie derhalwe iets wat uitheems aan die mensdom is nie. Dit is die feit dat dit ‘n Verbale Uitdrukking van dieselfde Goddelike Werklikheid is wat gelijkluidend met die mensdom se eie natuur is; een waarvoor hy alreeds bekend is. Deur die Heilige Gesegde verduidelik die Koran (Qur’an) dat diegene wat in die later tye gebore is, is aanvanklik gebore tydens die Skepping van Adam. Gedurende daardie tyd het die Here (God) al die menslike siele direk Aangespreek.

Hierdie voorval word dus in die Koran (Qur’an) soos volg aangekondig:

 “(Profeet) Toe jou Here die nageslag uit die lendene van die kinders van Adam voortgebring het, en het hulle self laat getuig. Hy het verklaar: “Is Ek nie jou Here (God) nie?” En hulle het beantwoord: Ja, ons getuig dat Jy is. So, jy kan nie op die Dag van Opstanding of Rekening vertel nie: “Ons was nie bewus daarvan nie.” (7:172)

In die volgende Versaanhaling verwys die Koran (Qur’an) verder na die dialoog tussen die Here (God) en die mensdom:

Sekerlik het ons, Ons Vertroue aan die hemels, aarde en die berge aangebied, maar hulle het gekrimp om dit te dra en was paniekbevange daarvan. Man het dit onderneem, maar het bewys dat hy ‘n tiran en flous is. (33:72)     

In wese is die Koran (Qur’an) vir die mensdom alreeds bekend; eerder as ‘n onbekende gehele entiteit. In werklikheid ontvou die Koran (Qur’an) die menslike verstand.

Die een wie se natuur lewendig is – na die redding van homself van die later of toekomende kondisionering – lees die Qur’an; dan sal die breinselle geaktiveer word, waarin die eerste Toespraak van die Here bewaar sal word. As ons dit in die bewustheid hou, sal dit nie moeilik wees om die Koran (Qur’an) te waardeer nie, en dat die vertaling van die Koran (Qur’an) ‘n geldige middele van verstand is. As die Here (God) se Toespraak die Eerste Verbond was, dan is die Qur’an die Tweede Verbond. Elkeen getuig na die waarheid van die ander. In die geval as een ‘n bietjie of geen begrip van die Arabiese taal het nie, en kan net die vertaling van die Geskrifte lees, dan moet een nie antisipeer dat een gefrustreered in een se verstand van die Koran (Qur’an) sal word nie, omdat die Koraniese konsep van man as die natuurlike ontvanger van die Here (God) se Woord ‘n werklikheid in die moderne tye geword het. Die wetenskap van die genetiese kode en die bevindings van antropologië is albei ten volle deur hierdie oogpunt ondersteun.

Die Skepping Plan van die Here (God)

Elke boek het sy doelstelling en die doelstelling van die Koran (Qur’an) is om almal bewus te maak van die Skeppingsplan van die Here (God). Dit is om man te vertel waarom die Here (God) hierdie wêreld geskep het: wat die doel vir die vestiging van man op aarde is; wat van man in sy pre-dood lewensduur verwag word, en wat hy na sy dood sal ervaar. Man is gebore as ‘n ewige wese. Toe die Here (God) man geskep het, het die Here (God) sy lewensduur in twee tydperke verdeel: die pre-dood tydperk, wat ‘n tyd van verhoor is, en die pos-dood tydperk wanneer daar die ontvang van belonings of straf plaasvind. Dit is afhanklik van die meriete van die mens se dade en wat tydens sy lewensduur uitgereik is.  Hierdie neem die vorm van ewige paradys of ewige hel. Die doel van die Koran (Qur’an) is om man van hierdie werklikheid bewus te maak. Dit is die tema van hierdie Goddelike Boek wat deur die hele reis in die lewe as ‘n gids bedien tot die lewe van die na fase.

Dit sou korrek wees om te sê dat man ‘n aansoeker weens sy geboorte is. Hierdie vrae skuil in almal se bewustheid: Wie is ek? Wat is die doel van my lewe? Wat is die werklikheid van die lewe en die dood? Wat is die geheim van man se sukses en mislukking, ensovoorts? Volgens die Qur’an is die antwoorde vir hierdie vrae dat die huidige wêreld ‘n toetsing grond is, en alles waarmee man bedeeld is tydens sy pre-dood tydperk al ‘n deel van die toets is. Die Ewigheid is die plek waar die Almag, Here (God) die gevolge van die toets in rekening sal neem, en alles wat man sal ontvang in die na-dood se lewe deur middel van straf en belonging sal ooreenstemmend met sy dade in hierdie wêreld wees. Die geheim van man om sukses in hierdie wêreld te behaal is om Skeppingsplan van die Here (God) te verstaan en om sy lewe ooreenkomstig daarvoor uit te kaart.

n Boek van Goddelike Waarskuwing

Die Koran (Qur’an) is ‘n Boek van Goddelike Waarskuwing wat ‘n kombinasie van lesse en vermanings besit. Dit sou meer toepaslik genoem word as ‘n Boek van Wysheid. Die Koran (Qur’an) volg nie die patrone van die tradisionele boeke van didatiek nie. In werklikheid wanneer die gemiddelde leser die Koran (Qur’an) optel, verskyn dit aan hom as ‘n versameling van fragmentêre stellings. Blykbaar is hierdie gevoelens nie werklik nie. Maar hierdie reëling van die Koran (Qur’an) is nie weens enige tekortkominge nie, maar is eerder in ooreenstemming met die Koraniese (Qur’anic) plan om dit in die oorspronklike vorm en in orde te behou, sodat die doel vervul word om die boodskap van die Waarheid aan die leser oor te dra wie as gevolg van sy hoedanigheid van die Geskrifte, slegs een bladsy, een versaanhaling of een reël op ‘n slag sal lees.  

Een noodsaaklike deel van die Koran (Qur’an) is dat dit ‘n herinnering van die seëning wat deur die Hoogste Voordeel geskenk is. Die belangrikste van hierdie is die uitsonderlike, begiftigde en gehalte, waarmee die mens deur die Here (God) bedeeld is, toe Hy hom geskep het. ‘n Ander groot seëning is dat hy hom op die aarde gevestig het, ‘n planeet waar alle soorte ondersteuningstelsels  vir sy voordeel bestaan het. Die doel van die Koran (Qur’an) is om te verseker dat terwyl hy hierdie seëninge van die natuur geniet, sal hy sy Weldoener in sy bewustheid behou: Hy moet die Weldadigheid van sy Skepper erken. Daardeur sal man toegang tot die Ewige Paradys behaal. Om die Weldoener te ignoreer, sal die mens reguit na die hel gelei word. Inderdaad is die Koran (Qur’an) 'n herinnering aan hierdie onvermydelike werklikheid.

Die Innerlike Gees en die Besefheid van die Here (God)

Een belangrike gehalte van die Koran (Qur’an) is dat dit vir ons slegs die basiese beginsels verskaf, maar dit verskaf ook die noodsaaklike beginsels, en dikwels wend aan herhaling om hulle te beklemtoon. Inteendeel is die nie-basiese of aangeleenthede wat net betrekking met die vorm van konstitusie het, wat slegs 'n onbeduidende deel van die Geskrifte is. Dit is in ooreenstemming met die Koraniese (Qur’anic) skema, en die belangrikheid van die vorm is heeltemal sekondêr. Aan die Koran (Qur’an) is slegs daardie bevele belangrik wat as fundamentele riglyne verskyn. Hierdie aspek van die Koran (Qur’an) is so duidelik dat die leser niks anders kan doen nie, maar behalwe om dit te waardeer. Die Waarheid is dat die innerlike gees van uiters belang is in die ontwikkeling van die Islamiese persoonlikheid. Sodra die innerlike gees ontwikkel word, sal die korrekte vorm ontstaan.

Daarom is die Koran (Qur’an) se doelwit om 'n intellektuele revolusie te begin en binne man ‘n waardevolle standpunt te bring, Die uitdrukking wat in die Koran  (Qur’an) gebruik word vir hierdie intellektuele revolusie is Ma’rifah (besefheid van die Waarheid) (5:83).

Die Koran (Qur’an) beklemtoon die belangrikheid van die mens se ontdekking van Waarheid, tot die vlak van besefheid. Ware geloof in die Here (God) is iets wat ‘n mens tot so 'n vlak laat bereik. Waar daar geen besefheid is nie, is daar geen geloof nie.

Die Woord van die Here (God)

Wanneer jy die Koran (Qur’an) herhaaldelik lees, sal jy ontdek dat dit die Woord van die Here (God) is. Blykbaar is dit 'n eenvoudige feit. Maar as dit in die konteks waargeneem word, is dit 'n buitengewone stelling. Daar is baie boeke in die wêreld wat bedoel is om heilig te wees. Maar behalwe die Koran (Qur’an), ontdek ons geen Godsdienstige Boek wat die Woord van die Here (God) projekteer nie. Hierdie soort stelling word uniek in die Koran (Qur’an) vertoon en verskaf 'n vertrekpunt vir die leser. Daarna  bestudeer hy dit  as 'n uitsonderlike Boek, eerder as 'n algemene boek wat deur die mensdom geskryf is. Ons ontdek herhalende Bewoorde Stellings in die Koran (Qur’an) wat min of meer soos volg:

“O man, dit is jou Here (God), wat met  jou spreek? Luister na Sy Woorde en volg Hom.” Selfs is hierdie stylmiddel van toespraak nogal uitsonderlik. Hierdie soort van Direkte Goddelike Aanroeping is nie in enige ander boek teenwoordig nie. Dit verlaat 'n blywende indruk op die mens. Hy voel dat sy Here (God) hom Direk Aanspreek. Hierdie gevoelens dwing die mens om die bewerings van die Koran (Qur’an) met die uiterste erns te behandel, eerder as ‘n daaglikse stelling van “n gewone boek te neem”. Die samestelling van die Koran (Qur’an) is ook uniek. Boeke wat deur mense geskryf word, het gewoonlik hul materiaal in volgorde van A tot Z, volgens die onderwerp, maar die Koran (Qur’an) volg nie so 'n patroon nie, sodat dit vir die gewone man blykbaar sal wees dat dit in sy orde ontbreek is. Wanneer dit in werklikheid gesien word, sal dit egter uitkom as 'n uiters Samehangende en Ordelike Boek, en sal baie majestueus in sy skryfstyl wees. Terwyl ons die Koran (Qur’an) lees, voel ons dat Sy Skrywer op 'n baie hoë voetstuk is, waarvan Hy afkyk, en die hele mensdom wat sy besondere besorgdheid is, word Aangespreek. Die Toespraak fokus op verskillende groepe mense, terwyl hulle almal ingesluit word.

Een spesiale aspek van die Koran (Qur’an) is dat die leser op enige oomblik die Skrywer daarvan kan raadpleeg, stel sy vrae voor en ontvang antwoorde, omdat die Skrywer van die Koran (Qur’an) Selfs die Here (God) is. Hy is die Lewende Here (God). As die Skepper van die mensdom hoor Hy direk en beantwoord die mensdom se oproep.

‘n Vreedsame Ideologiese  Stryd

Diegene wat slegs deur die media aan die Koran (Qur’an) bekend gestel word, het gewoonlik die indruk dat die Koran (Qur’an) 'n boek van jihad is, en vir hulle is jihad 'n poging om 'n mens se doelwit deur middel van geweld te bereik. Maar hierdie ideë is gebaseer op 'n misverstand. Enigeen wat die Koran (Qur’an) vir homself sal lees, sal maklik waardeer dat die boodskap niks met geweld te doen het nie. Die Koran (Qur’an) is van die begin tot einde, 'n boek wat vrede verkondig, en op geen manier geweld goedkeur nie. Dit is waar dat jihad een van die leerstellings van die Koran (Qur’an) is. Maarjihad wat in sy regte sin geneem word, is die naam van 'n vreedsame stryd, eerder as van enige soort geweldadige aksie. Die Koraniese (Qur’anic) konsep van jihad word uitgedruk in die volgende Versaanhaling: “Doen groter jihad (dws. streef strenger) met die hulp van hierdie Koran (Qur’an).” (25:52)

Blykbaar is die Koran (Qur’an) nie 'n wapen nie, maar 'n Boek wat 'n inleiding tot die Goddelike ideologië van ‘n vreedsame stryd verskaf. Volgens die Koran (Qur’an) is die metode van hierdie stryd soos volg: “om vir hulle 'n woord te spreek wat hul siel sal bereik.” (4:63)

Volgens die Koran (Qur’an) is dit die een gewenste benadering wat in die mens se hart en verstand beweeg. Dit is om mense se bewustheid aan te spreek, bevredig, en oortuig hulle van die waarheid van die Koran (Qur’an) wat kortliks 'n intellektuele rewolusie binne hulle vestig. Dit is die onderneming van die Koran (Qur’an), en hierdie onderneming kan slegs deur middel van rasionele argumente uitgevoer word. Hierdie doelwit sal nooit bereik word deur middel van geweld of gewapende optrede nie.

Dit is waar dat daar sekere Versaanhalings in die Koran (Qur’an), wat soortgelyke opdragte aan die volgende oordra: "Vermoor hulle waar jy hulle ook al vind." (2: 191)

Met verwysing na sulke Versaanhalings is daar sommige mense wat pogings aanwend om die indruk te vertoon dat Islam 'n Godsdiens van oorlog en geweld is. Dit is heeltemal onwaar. Sommige Versaanhalings hou in beperkte sin verband met diegene wat eensydig die Moslems aangeval het. Die bogenoemde Versaanhaling dra nie die algemene bevel van Islam oor nie.

Die waarheid van die saak is dat die Koran (Qur’an) nie aan die lig gebring is in die volledige vorm waarin dit vandag bestaan ​​nie. Dit is van tyd tot tyd volgens die omstandighede oor 'n tydperk van 23 jaar geopenbaar. As die jare van oorlog en vrede verdeel word, is die tydperk van vrede 20 jaar, terwyl die staat van oorlog slegs 3 jaar bedra. Gedurende die 20 vreedsame jare sluit die Openbarings die vreedsame onderrig van Islam in die Versaanhalings oor die besefheid van die Here (God), aanbidding, moraliteit, geregtigheid, ens. Hierdie afdelings van die opdragte in verskillende kategorieë is 'n natuurlike een en kan gevind word in alle Godsdienstige Boeke. Byvoorbeeld, die Gita, die Heilige Boek van die Hindoes, het betrekking op wysheid en morele waardes. Tog is dit die vermaning van Krishna aan Arjuna wat hom aanmoedig om te veg. (Bhagavad Gita, 3:30). Dit beteken nie dat gelowiges in die Gita uitspreek dat die hele tyd oorloë moet voer nie. Na alles het Mahatma Gandhi sy filosofie van nie-geweld uit dieselfde Gita afgelei. Die vermaning om oorlog te voer in die Gita is slegs van toepassing in gevalle van uitsonderlike omstandighede waar daar geen keuse verlaat is nie. Maar vir die daaglikse bestaan, ​​verskaf dit dieselfde vreedsame opdrag as wat Mahatma Gandhi daaruit afgelei het.

Net so het Jesus Christus gesê: "Moenie dink dat ek gekom het om vrede op aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar 'n swaard.(Matteus 10:34).

Dit sou verkeerd wees om uit te spreek dat die Godsdiens wat deur Christus verkondig is, een van oorlog en geweld is, want sulke uitsprake het slegs betrekking op bepaalde geleenthede. Sover as die algemene lewe het Christus vreedsame waardes geleer, soos goeie karakterbou, liefde vir mekaar, hulp aan die armes en behoeftiges,,ens.

Dieselfde is die waarheid van die Koran (Qur’an). Toe die Profeet Muhammad uit Makkah na Madinah geëmigreer het, was die afgodedienaars aggressief teenoor hom. Die Profeet het egter altyd hul aanvalle deur die uitoefening van geduld behandel, en het die strategie van vermyding afgeweer. Maar by sekere geleenthede was daar geen ander opsies nie, behalwe dié van verdediging. Daarom moes hy by sekere geleenthede veg. Dit was hierdie omstandighede wat die Openbaringe wat verband hou met oorlog was. Hierdie opdragte was spesifiek vir sekere omstandighede en het geen algemene toepassing gehad het nie. Hulle was nie bedoel om geldig te wees vir die hele tyd om te kom nie. Dis hoekom; die permanente status van die Profeet aangewese is “as 'n Genade vir die hele mensdom”.  (21: 107)

Islam is 'n Godsdiens van vrede in die volle sin van die woord. Die Koran (Qur’an) spreek sy pad uit: "die paaie van vrede" (5:16). Dit beskryf versoening as die beste beleid (4: 128) en verklaar dat die Here (God) enige verstoring van die vrede verontagsaam (2:20). Ons kan sê dat dit nie oordrywing is nie om te sê dat Islam en geweld teenstrydig met mekaar is.

‘n Onthulde Boek

Die Koran (Qur’an) is 'n Boek wat aan die Profeet Muhammad geopenbaar is. Dit het nie in die vorm van 'n volledige boek na hom gekom nie, maar in dele oor 'n tydperk van 23 jaar. Die eerste deel is geopenbaar in 610 A. D. toe die Profeet Mohammad in Makkah was. Daarna het verskillende dele gereeld geopenbaar, die laaste gedeelte wat in 632 A. D. geopenbaar is, toe die Profeet in Madinah was.

Daar is 114 hoofstukke in die Koran (Qur’an), beide lank en kort. Die Versaanhalings is ongeveer   6 6000. Om aan die behoeftes van die voordrag te voldoen, is die Koran (Qur’an) in 30 dele verdeel. Hierdie is uiteindelik onder die leiding van die Engel Gabriel in orde gestel, deur wie die Here (God) die Koran (Qur’an) openbaar het.

Toe die Koran (Qur’an) in die eerste kwartaal van die 7de eeu geopenbaar is, is papier reeds uitgevind. Hierdie papier wat bekend as papyrus is, is met die hand vervaardig van die vesels van sekere bome. Wanneer enige deel van die Koran (Qur’an) geopenbaar is, is dit neergeskryf in die Arabiese qirtas (6: 7). Gedurende hierdie proses het mense die Versaanhalings tot die geheue verbind; die Koran (Qur’an) is die enigste Islamiese Literatuur wat in gebede gelees word, sowel as uitgelees vir die doel van dawah.  Op hierdie manier is die Koran (Qur’an) gelyktydig gememoriseer en ook neergeskryf. Hierdie metode van bewaring het voortgegaan gedurende die leeftyd van die Profeet Muhammad. Op hierdie manier is die Koran (Qur’an) gedurende die leeftyd van die Profeet bewaar.

Die derde Kalief 'Uthman ibn' Affan het verskeie kopieë voorberei. Hy het dit na verskillende stede gestuur waar hulle in die groot moskees gehou is. Mense het nie net van hierdie afskrifte gelees nie, maar het ook meer kopieë van hulle uitgereik.

Die skryf van die Koran het voortgegaan totdat die drukpers uitgevind is, en papier op groot skaal vervaardig is, danksy die Industriële Revolusie. Toe het die Koran (Qur’an) begin druk word. Drukmetodes het verbeter en sodoende het die druk van die Koran (Qur’an) ook verbeter. Nou is die gedrukte afskrifte van die Koran so algemeen dat hulle in elke huis, moskee, biblioteek en boekwinkel gevind kan word. Vandag kan iemand 'n aantreklike afskrif van die Koran (Qur’an) vind, waarookal hy mag wees , in enige deel van die wêreld.

Hoe om die Koran (Qur’an) te lees

Die Koran (Qur’an) verklaar: “Lees die Koran (Qur’an) stadig en duidelik.” (73:4). Dit bedoel om die Koran (Qur’an) in ‘n stadige, gemete ritmiese toon te lees. Dit is, lees, en gee volle aandag aan die waarde van die inhoud. Wanneer dit so gelees word, kom 'n tweevoudige proses tussen die Koran (Qur’an) en sy leser aan die spel. Vir hom is die Koran (Qur’an) 'n Adres of ‘n Toespraak van die Here (God), en sy hart begin om elke Versaanhaling van hierdie Toespraak te beantwoord. In die Koran (Qur’an) waar daar melding gemaak word van die Here (God) se Majesteit, word die hele bestaan ​​van die leser sterk geraak deur die besefheid van Sy Grootheid. Wanneer die Seëninge van die Here (God) in die Koran (Qur’an) opgesom word, vloei die leser se hart met dankbaarheid. Wanneer die vergelding van die Here (God) in die Koran (Qur’an) beskryf word, bewe die leser om dit te lees; wanneer 'n bevel in die Koran (Qur’an) neergelê word, word die gevoel in die leser versterk dat hy die gehoorsame onderwerp van sy Here (God) deur daardie bevel moet uitvoer.

Vertaal deur Dr. Rahim Ebrahim van ‘n Dokument in Engels deur Wahihuddin Khan, New Delhi, Januarie 2009.

www.islamic-invitation.com

https://islamic-invitation.com/book_details.php?bID=1792

https://islamic-invitation.com/book_details.php?bID=2571

https://islamic-invitation.com/lang_show.php?langID=259

 
All copyrights©2006 Islamic-Invitation.com
See the Copyrights Fatwa